Opening van Fees: Middagfunksie
Skole-Kortverhaalkompetisie · Prysuitdeling

6 & 7 NOVEMBER 2026
WAT GEBEUR? · WIE IS DAAR? · WANNEER?
VRYDAG
Skole-Kortverhaalkompetisie · Prysuitdeling
Musiek- en Wynparing saam met Robertson Winery (Genooide Gaste)
Musiek deur: Schalk Maas, Petronel Baard, Riku en Jackie Lätti
SATERDAG
Tussen Asem
Daniël Lötter & Hannes Visser
Pompeii
Sidney Gilroy & Bets Smith
Ontrafel
Riku Lätti & Stef Kruger
Waar die lammers nie suip nie & Douwenis
Sidney Gilroy & Daniël Lötter
Bring jou eie piekniekmandjie en iets nat!
Zeus van Wyngaardt en die labirinte van monsters
Chanette Paul & Julio Agrella
Die vuur huil
Daniël Lötter & Allen Grootboom
Jagspinnekop
Sidney Gilroy & Erla Diedericks
Hannes Visser
(Bring jou eie eetgoed en wyn!)
Schalk Maas, Petronel Baard, Riku en Jackie Lätti, Stef Kruger, Daniël Lötter, Sidney Gilroy & Lluyle Arendse
Gesprekke: R70 · Dagkaartjie: R390 · Aandfunksie: R220
Laai die program tot op jou foon of rekenaar af deur hier te kliek.
SKRYWERS & VERHALE

In sy tweede digbundel, tussen asem, besoek Hannes Visser die gedagte dat die heel eerste asem van 'n lewe die begin van die heel laaste asem is. Tussen die eerste en laaste asem is 'n reis wat onderneem word.

Twee vroue in verskillende eeu ontrafel geheime, geloof en liefde teen die agtergrond van Pompeii se ondergang. Met byna 2000 jaar tussen hul onderskeie lewens, moet sowel Aeliana en die hedendaagse Liana leer vergewe, hul harte oopstel en vrede vind te midde van die puin van die verlede.

Die bekroonde Afrikaanse sanger, Stef Kruger, se debuutbundel beloof om een van vanjaar se hoogtepunte op die fees te wees. Kom sit aan tafel met een van Suid-Afrika se legendariese liedjieskrywers!

Daniël is in 1973 op Fraserburg in die Karoo gebore en beide Douwenis en Waar die lammers nie suip nie, vertel meesleurende historiese verhale oor wat gebeur wanneer 'n gemeenskap se geheime nie meer begrawe kan bly nie.

Zeus van Wyngaardt en die labirinte van monsters is die vyfde boek in die gewilde Afrikaanse misdaad- en speurreeks deur skrywer Julio Agrella met die aweregse, plotsak hoofkarakter en speurder - Zeus van Wyngaardt.

Die halfklaar storie van 'n vryheidsvegter
In die vroeë 1970's vlug Jakob Koetaan Kaapstad toe. Toe die land begin brand, moes Jakob homself afvra: Is hy bereid om te baklei vir sy grond?
As die vuur huil is afgetrede politikus en sielkundige, Allen Grootboom, se debuutroman.

Smooch is 'n aanlyn platform waar mense hul fantasieë uitleef, maar vir profileerder Suzette Fourie is dit die Jagspinnekop se dodelike jagveld. Gewilde skrywer Erla Diedericks se nuutse spanningsroman laat die poppe behoorlik dans!
Gesprekke: R70 · Dagkaartjie: R390 · Aandfunksie: R220
SATERDAGAAND
MUSIEK & WOORDKUNS: PLAASLIKE STAALTJIES & VERHALE

ALLES WAT JY MOET WEET
NG-KERK LANGSTRAAT, GROOT BRAKRIVIER

VEILIGE PARKERING OP DIE KERKGRONDE
BY DIE DEURE OF: quicket.co.za
HAPPIES & KOELDRANK SAL TE KOOP WEES
JOU EIE PIEKNIEKMANDJIE MET IETS NATS IS WELKOM!
DAAR SAL 'n BOEKWINKEL BY DIE FEES WEES WAT KONTANT- & KAARTBETALINGS SAL AANVAAR
Gesprekke: R70 · Dagkaartjie: R390 · Aandfunksie: R220